Gemaak van 100% Katoen en plaaslik gedruk - Daarmee bedoel ons, gedruk in die Vrystaat. Fouriesburg.

Hardloop kaalvoet ... want dis beter as om kaalgat te hardloop. Minder moelikheid.

Ons maak ons eie vadoeke, van scratch af. Jip dis reg. Hierso in die Vrystaat, in Fouriesburg en ons verkoop dit in ons winkel in Clarens. Omdat alles handemaak is gaan jy sukkel om nog so presiese een te kry, veral met Afrikaans op, tensy daai outjies van China hierdie een in die hande kry, en jy weet hulle is nie lui nie. So terwyl hier nog enetjie is...

100% Katoen Vadoek - Hardloop kaalvoet

R58,00Price
  • Was met jou hande, soos in die ou dae. Of as jy rêrig lui is, was in die wasmasjien.

    As jy moet stryk, moenie oor die prentjie stryk nie. 

  • Grootte ongeveer: 40x60mm Onthou dis handgemaak. Hulle gaan nie almal dieselfde lyk nie. 

    Kleur: Wit